Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Die afgelope week (8-14 Julie 2018) was die Spar Netbal Nasionale Kampioenskappe te Young Park, Port Elizabeth.  John Taolo Gaetsewe Netbal Distrik was bevoorreg genoeg om deel te kon wees van hierdie spog geleentheid.

Dié spog geleentheid vind elke jaar plaas, MAAR hierdie jaar was die grootste nog, met meer as 1043 spelers en 87 spanne wat deelgeneem het.  President van Netbal SA, Cecilia Molokwane het hierdie jaar belsuit om terug te keer na die distrik spanne ipv Provinsionale spanne, wat hierdie kompetisie wawyd oopgegooi het vir nuwe spanne en opkomende spelers.

Die kampioenskap is in ‘n A- en B-Liga asook o/21 spanne ingedeel. Met die afskop van hierdie kampioenskap was daar egter spanne wat onttrek het asook A-liga spanne wat afgeskuif het na die B-liga wat die B-liga se bepalings deurmekaar en baie sterker gemaak het.

John Taolo Gaetsewe was deel van die B-Liga.  Ons het teen spanne soos Ethekwini (Kingdom Stars van die BrutalFruit Premier Netball League) en West Coast gespeel. Al het ons nie al die punte op die telbord gekry soos gehoop nie, het hierdie JTG span hulle baie goed van hulle taak gekwyt. Die eerste wedstryd wat die dames saam gespeel het as span was ook die eerste wedstryd op Dag 1. Elkeen het deursettingsvermoë en deurlopende goeie dissipline getoon.

Dit was ‘n eer om John Taolo Gaetsewe te verteenwoordig by hierdie spog geleentheid. Dié span het baie geleer en is slaggereed vir nuwe uitdagings wat op elkeen wag in die toekoms. Mnr November van DSAC het die span verteenwoordig gedurende die kampioenskappe.

 

Foto 1:

Agter – links na regs: Hennie Fourie (nms Morné de Jager – ECM Filters), Dee Tlappe, Carizka Cloete (kaptein), Jean-Marie Zwiegelaar, Kobus Pretorius (NCTS), Leandri Husselmann, Shirly-Ann van Niekerk (onder kaptein), Antoinette Husselmann (afrigter)

Voor – links na regs: Renty v/d Heever, Samantha McGuire, Jenny Smith, Chaldean Botes, Betsie Badenhorst (bestuurder), Nicolene Fourie, Kgomotso Loete (tellinghouer)