
Laerskool Kathu het op Saterdag, 21 Julie 2018, deelgeneem aan die Van Druten Finale waar 17 spanne deelgeneem het aan die finale eindstryd.
By die netbal is 8 van die 20 wedstryde teen Kathu se spanne gespeel. Die O/9 A en die O/10 A spanne het goud verower. Die volgende spanne O/9 C, O/11A, O/12 A en O/13A het silwer verower. Die O/9D en O/10C het sertifikate ontvang. Baie geluk aan al die dogters en hulle afrigters vir ‘n suksevolle seisoen.
By die rugby is 9 van die 12 wedstryde teen Laerskool Kathu se spanne gespeel. Die O/9A, O/11A en O/13A spanne het goud verower. Die O9/C span het brons verower. Die O/9B, O11/C, O11/D, O13/B en die O13/C spanne het sertifikate verower. Laerskool Kathu is so trots op elke leerder wat sy beste gegee het. Die leerders se gedrag was ook onberispelik. Laerskool Kathu is so trots!
















