Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

 

Die Sektor A Bevelvoerder van die SAPS Kathu, Sersant Eugene van Wyk, het ‘n passie om ‘n verandering in Kathu te maak, veral onder skoolkinders. 

 

Hy besoek tans die Hoërskool Kathu op ‘n daaglikse basis en het onlangs ‘n skenking van Panarottis Pizza ontvang vir die graad 9E klas wat die beste gedrag en akademiese verskil getoon het.

 

Sy plan strek oor 5 jaar en enige kind met hetsy emosionele of sosiale probleme kan met groot vrymoedigheid vir hom of Konstabel Welma Williams kontak. Probleme word vertroulik hanteer en opgevolg en kinders kan reken op beskerming. Die kontaknommer is 053 723 9120.

 

Die grootste uitdaging op die oomblik is dwelmmisbruik en dissipline by die skool.

 

Sersant Eugene van Wyk vra ouers om asseblief betrokke te raak by hul kinders.