
Curro se splinter nuwe skoolhoof kom al die pad van Witbank, Mapumalanga. Hy het na skool in Potchefstoom gaan studeer waar sy loopbaanvoorligtingonderwyser vir hom uitgewys het dat hy wel die aanleg het om ‘n onderwyser te word en het hierdie wyse woorde gevolg. Meneer Bronkhorst is ‘n gesinsman en hulle is sportiewe mense wat daarvan hou om langafstand te hardloop asook ‘n paar ander sportaktiwiteite saam aan te pak. Hy geniet die omgewing en die feit dat hier so min lugbesoedeling is, en die vriendelik inwoners want dit is wat Kathu laat uitstaan.
Daar is groot planne vir Curro, maar hy wil nog nie alles bekend maak nie. Wat wel in die gespek opgekom het is om skoliere te leer hoe om kind wees te geniet soos in die ouer dae en om drome te kan droom.
Die skool sien uit na die beplanning met Curro Kasteel Skool en die Kathu Gazette wil Meneer Bronkhorst en gesin verwelkom en sterkte toewens vir die toekoms hier in Kathu.
















