
Hoërskool Kathu het ‘n jare lang verbintenis met KFC. KFC se voortgesette betrokkenheid by Hoërskool Kathu en as krieketborg is van onskatbare belang. Beide 1ste en o/16 krieketspanne het nuwe krieketklere en hoede ontvang van KFC. Dit vul ‘n groot leemte en daarvoor is Hoërskool Kathu innig dankbaar teenoor KFC vir hul volgehoue steun aan die skool en die groter gemeenskap.
Op Vrydag 12 Oktober 2018 het Hoërskool Kathu teen Danielskuil, in hulle splinter nuwe geborgde krieketklere van KFC, in die o/19 T20 liga gespeel. Kathu kolf 1ste en teken 136/9 aan in 20 beurte met Esjee de Lange 24, DP Swiegers 16 en Marno Coetzee 14 die beste kolwers. Danielskuil word uitgehaal vir 35 met puik boulwerk deur Ashrill Oor. Hy word die 2de bouler die seisoen wat ‘n driekuns behaal, wat beteken dit is ‘n seldsame gebeurtenis in krieket waar ‘n bouler dit regkry om 3 ouens agter mekaar uit te haal met 3 agtereenvolgende balle (3 balle 3 paaltjies), neem en eindig met 5 paaltjies vir 7 lopies. Hy is goed bygestaan deur Marno Coetzee 2/15. Kathu wen met 101 lopies.
Foto: Die krieketspan in hulle KFC geborgde klere voor die spel teen Danielskuill.
Vir Cash Crusaders Kathu is dit altyd ‘n voorreg om deel te wees van die gemeenskap. Dis fantasties om te sien dat die jong mense nog so gewillig is om sport te doen! Cash Crusaders wil Hoërskool Kathu bedank vir hul besigheid en ondersteuning.
Foto: Tellingbord wat deur Cash Crusaders Kathu aan Hoërskool Kathu geborg is.
















