
Die prysuitdeling het plaasgevind op Donderdag 18 Oktober 2018.
Dit is dié geleentheid waar leerders vereer word vir hul akademiese-, sport- en kulturele prestasies gedurende die jaar.
Op sportgebied is die Sportvrou en Sportman van die Jaar die hoogpunt:
Junior Sportman 2018 – Marno Coetzee
Senior Sportvrou 2018 – Nadia Greeff
Senior Sportman 2018 – Stephan de Klerk
Die hoogste kulturele toekenning is die Boortrekkers se Erepenning wat toegeken word aan die Graad 12-leerder met uitstaande leierseienskappe en deelname aan kulturele aktiwiteite, Jandré Swiegers het die Boortrekkers Erepenning ontvang.
Akademie bly die kern van Hoërskool Kathu.
Die Top 15 akademiese presteerders in 2018 is as volg:
Graad 8:
Graadposisie
1 Kyicia Mienies 83.7%
2 Sharmin Vilander 83.3%
3 Jolene Kotze 82.3%
4 Alice van Niekerk 82.3%
Graad 9:
Graadposisie
1 Jacobus Solomon 87.9%
2 Jamey van Neel 83.4 %
3 Jana Gouws 83.2%
Graad 10:
Graadposisie
1 Allison van Wyk 81.2%
2 Amonique Isaacs 80.0%
3 John Markram 79.8%
Graad 11:
Graadposisie
1 Janco Opperman 85.6%
2 Abigail van Neel 85.5%
3 Leon Steyn 84.6%
Graad 12:
Graadposisie
1 Sonél Beukes 83.3%
2 Abigail Blume 76.3%
3 Natasha Swart 73.4%
Dux-leerder 2018 – Sonél Beukes
Hoërskool Kathu gee ook erkenning aan leerders wat op verskillende terreine betrokke is. Daarom wys die skool jaarliks die Veelsydigste leerder in elke Graad aan. Die veelsydigste leerders vir 2018 was:
Graad 8 – Jacobus Davel
Graad 9 – Jaco Vermaak
Graad 10 – Nadia Greeff
Graad 11 – Jacobus Cronjé
Graad 12 – Jandré Swiegers
Die hoofleiers van die Uitvoerende Komitee 2019 is ook tydens die Prysuitdeling aangewys:
Voorsitter: Abigail van Neel
Ondervoorsitter: Jacobus Cronjé
Tesourier: Leon Steyn
Sekretaresse: Riandra Kernekamp
Baie geluk aan al die leerders en hul ouers met die puik prestasies. Hoërskool Kathu is trots op elkeen van dié presteerders.
Baie dankie aan al die borge wat ‘n bydrae gelewer het tot die geleentheid. Spesiale dank aan die hoofborge:
IEMAS – Borg van akademiese pryse.
Remax – Borg van Sportman- en Sportvrou-pryse.
Spesiale eregaste by die Prysuitdeling 2018:
Verteenwoordigers van IEMAS – Zenelda Stapelberg, Abram Rabekane en Tumisang Stock.
Anna Mart Loots – Voorsitter van die ATKV-Kathu en Martin de Waal – Hoofseun Hoërskool Kathu 2008.
Onderwysers wat toekennings ontvang het:
Gerhard Marais, Volkeure vir Krieket – Beste krieketskeidsregter in Noord-Kaap 2018.
– Afrigter van SA O/15 Krieketspan (Toer na Sri Lanka).
Gerrit Cloete, Volkeure vir Krieket – Griekwaland Wes Platteland Krieketspan.
















