Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Laerskool Kathu het vanjaar vir die eerste keer 2 aparte senior primêre prysuitdelings funksies aangebied.

Die graad 4 en 5 Prysuitdeling het plaasgevind op Dinsdag, 6 November 2018 en die graad 6 en 7 Prysuitdeling het plaasgevind op Donderdag, 8 November 2018. Dit is ‘n gevolg van die toename in die leerdertal van die skool en om te verseker dat elke leerder se prestasie die nodige kwaliteit tyd geniet.
Iemas was weereens die hoofborg van die aand en was verteenwoordig deur mnr Abraham Rabekane. Verteenwoordigers van Sanlam, ook ‘n borg van die skool, het ook pryse oorhandig aan leerders. KFC en die ATKV was ook mede-borge van die prestige geleentheid. Die skool spreek ook hiermee sy dank uit teenoor hierdie instansies se volgehoue ondersteuning teenoor die skool.
Oorhandigings deur oud-leerders soos mnr Johan Fourie, asook mej Elna Du Preez, ‘n uittredende onderwyseres van die skool, het ekstra glans aan die geleentheid verleen.
Albei aande was afgeskop met kultuur items gelewer deur die senior skoolkoor, asook die Afrikaans en Engelse spreekkore. Die leerders het besondere hoë prestasies behaal met verskeie leerders wat erekleure behaal het vir akademie, sport en kultuur. Die skool kan met reg trots wees op sy leerders, onderwysers en skoolgemeenskap.
Die volgende leerders het spesiale eerbewyse verwerf:
Dux leerder 2018 – Michaël Viljoen
Sportman v d jaar – Wentzel Hibbert
Sportvrou v d jaar – Sharike Rossouw
Veelsydigste sportpresteerder – Wentzel Hibbert
Veelsydigste leerder – Stefan Brits
Die VRL vir 2019 is ook bekendgestel tydens Donderdagaand se prysuitdeling. Die nuwe hoofleiers vir 2019 is as volg:
Hoofseun: Paul Cronje
Hoofdogter: Michaela Lamprecht
o/Hoofseun: Josua Pretorius
o/Hoofdogter: Tarryn Plaatjies
Baie geluk met jul verkiesing tot die VRL. Sterkte vir die groot taak wat op julle wag vir 2019.

Die skoolhoof, mnr Hammies van Niekerk, was dit eens dat die skool werklik hoë hoogtes bereik het in 2018. Hy het ook van die geleentheid gebruik gemaak om alle leerders en ouers voorspoed toe te wens vir die eindeksamen.

FOTO: Top 10 Leerders van graad 4: Jani Coetzer, Ayden Cloete, Danichia Engelsman, Ruhane Combrink, Nicine Visagie, Kelly-Joe Willemse, Didintle Montinjgwe, Elicia Burger, Leilah Hagglund, Elmien Roux.

Top 10 Leerders van graad 5: Tian Barnard, Pretorius Bezuidenhout, Ethan Nortje, Minke Badenhorst, Shani Steenkamp, Alienne Van Rensburg, Catherine Griessel, Carlo Booysen, Jacoline Becker, Mia Moller.

Top 10 Leerders van graad 6: Joshua Pretorius, Michaela Lamprecht, Taryn Plaatjies, Lorinda Van Rooyen, Jorina Mostert, Selwyn Wagenaar, Juvandre Brink, Zoe Carstens, Chane Van Vuuren, Jane Esterhuizen.

Top 10 Leerders van graad 7: Michael Viljoen, Maurishcka Agenbag, Lara Human, Elizma Erasmus, Izelle Nel, Nusrat Jeewa, Nathen Myburgh, Marga Van Zyl, Caitlin Adamson, Gaynor Louw.