Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.


Op Saterdag 26 Januarie 2019 het die ywerige skuts van 27 spanne vroeg die oggend by die Kalahari Jagtersvereniging aangemeld.

Spanne van vier lede elk het ingeskryf om te wys wie kan korrel. Die dag was ten bate van Hoërskool Bergvesting.

Kalahari Jagtersvereniging het beslis een van die mooiste skietbane in die land, kombineer dit met heerlike braaivleis en goeie geselskap en dan het jy ‘n dag wat vir oud en jonk sommer vol pret is.

Die borge het gesorg dat al 27 spanne kon wegstap met ‘n prys. Na die skiet en prysuitdeling is daar heerlik saamgekuier om die braaivleisvure. 

Hoërskool Bergvesting wil ook graag die borge wat die dag moontlik gemaak het bedank: Pick n Pay Kuruman, EDF Services, Noord-Kaap Lewende Hawe Vryburg, Kaap Agri, Wynand Luttig, Midas, Conway Johnson, Spice World Kuruman, Kalahari Jag en Kamp, Toyota, Thunderston Inv, Spar Kuruman.