
Ballerinas onder leiding van Lientjie Olivier het deelgeneem aan die SA Championship of Performing Arts.
Megan Gerber het deur gegaan met haar solo asook haar duet saam met Charnel Valentin in die Provincial Round. Hulle is nou op pad na die National Round, 29 Maart 2019 tot 7 April 2019 in Rustenburg.
Alani Voigt en Isabel Voigt het met hul solo’s en groep dans, “Dolls” ook deur gegaan van die Provincial Round en is saam hulle op pad na Rustenburg vir die National Round.
Deelname was verlede Saterdag 26 Januarie 2019 by Curro.
















