Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

 

Op 17 Januarie 2019 het die sotte, graad 8 leerders, van Hoërskool Kathu hulle jaarlikse sottekonsert afgeskop met ‘n dans item.

 

Die tema van die jaar was “Madagascar penguins” waar die sotte aangetrek het soos wilde diere. Daar was ook ‘n modeparade gehou in hulle diere kostuums.

 

Die leerders was in groepe opgedeel en elke groep het ‘n opvoering aangebied en dit was die afsluiting van die graad 8’s se ontgroening en terselfdertyd verwelkoming by die “grootskool”. Hulle is ingelyf en word nou Hoërskool Kathu leerders.