Covering Kathu, Kuruman and villages, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounds

Nadat Hoërskool Upington se senior krieket span met die spanne van Kollege met 65 lopies en Hoërskool Duineveld met 149 lopies afgereken het, dring hul deur na die Semi-Finaal van die T20 liga vir 2019.

Johannes du Plessis het 78 lopies teen Kollege aangeteken en 90 teen Hoërskool Duineveld.
Daylon Beukes het in altwee wedstryde baie bestendig gekolf en het 31 en 37 lopies tussen die 2 wedstryde gekry. Bobby Duvenhage slaan ook 44 van slegs 22 balle teen Duineveld.

Bobby Duvenhage het 3 paaltjies van Kollege laat kantel en Franco Swart 5 paaltjies  van Duineveld.

Ons wens hul alle sterkte toe met die semi`s.

 

FOTO: Voor: Bobby Duvenhage, Johannes du Plessis, Brend Mulder, Clemence Terblanche en Auston Williams.

Agter: Bernice Mulder (Tellinghouer), Ferdi Richter, JB Giliomee, Theuns Kotze, Daylon Beukes, Geo Engelbrecht, Franco Swart en Rohan Erasmus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *