
Pikkie Pret Pre-Primer het op Vrydag 8 Maart 2019 hul jaarlikse atletiek byeenkoms gehou.
Dit het plaasgevind op die Kathu Laerskool gronde. Dit was ‘n prettige geleentheid met naellope, hekkies en verskeie baan items, onder andere sakspring en toutrek.
Na afloop van die byeenkoms het elke kleuter ‘n medalje asook ‘n lekkerny ontvang.
Die middag was ‘n reuse sukses.
‘n Groot dankie aan Mechelle Schoeman, Ilse en Angus Hattingh, vir jul hulp met al die reëlings, Michelle Doncaster vir ons kleuters se bederf, aan die @the deli span vir die heerlike kos, Spur vir die gazebos en heerlike skaduwee en aan almal wat bygedra het om die middag ‘n groot sukses te maak. ‘n Groot dankie aan al ons maatjies wat so mooi deelgeneem het en ons ouers vir die ondersteuning.
















