
Bana het op Donderdag 7 Maart 2019 hul atletiekbyeenkoms te SIVOS gehou.
Groot was die opgewondenheid weereens! Wat ‘n prentjie mooi gesig was dit nie toe 13 klasse wat elk geklee was in hul eie spesiale kleur Bana t-hemp oor die baan kom aanstap met elk ‘n ballon in die hand. Voor die byeenkoms begin het was 285 ballonne losgelaat en wat ‘n skouspel om te aanskou!
Bana het ook hul skoollied gesing, ‘n kreet geskree en die Bana pom-pom meisies het ook gehelp om die byeenkoms behoorlik te open. Elke maatjie is beloon met ‘n verrassingspakkie, medalje en Spur Voucher.
Bana Development Centre sê dankie aan al die borge asook die wonderlike ondersteuning van ouers wat hierdie onvergeetlike dag help moontlik maak het!
















