
Wat ‘n afsluiting van ‘n briljante seisoen!
Uppies het die afgelope naweek teen Upington Lions te staan gekom in die T20 liga. Daar het 12 spanne deelgeneem aan die liga en elkeen is ‘n gedugte teenstander. Uppies het 10 van hullle 11 uitspeel wedstryde gewen en bo aan die leer geëindig.
Die semifinaal is teen Carltonians gespeel en die het Uppies met groot gemak gewen.
Die finaal was nie anders as die res van die wedstryde nie.
Goeie veldwerk, uitstekende boulwerk en fantastiese vangskote het Upington Lions beperk tot 87 lopies almal uit.
Uppies gaan kolf en slaan die lopies af met die verlies van 1 paaltjie.
Baie dankie aan die span se ondersteuners wat elke week so getrou kom ondersteun het.
















