
Dance Fever Studio se Kompetisie span het deelgeneem aan die oudisie rondte van die Suid-Afrikaanse Kampioenskap vir Uitvoerende Kunste, op Saterdag 26 Februarie 2019.
Al die groepe het gekwalifiseer om die Noord-Kaap te verteenwoordig tydens die nasionale rondte in Rustenburg, vanaf 29 Maart 2019 tot en met 7 April 2019. Tydens hierdie rondte ding duisende deelnemers mee om goue medaljes te verwerf om sodoende ook die SA span te haal.
Die gekose SA span sal dan deelneem aan die internasionale rondte in Los Angeles, Hollywood gedurende Junie 2019.
Baie geluk aan elkeen en baie sterkte vir die volgende rondte.
















