
Hoërskool Kathu se 1ste span seuns Hokkie het in George deelgeneem.
Daar was 6 wedstryde gespeel waarvan een gelykop, 0 – 0, gespeel was teen Kimberley Technical High School en een gewen teen Sally Park 2 – 1.
Warren Joseph en Hugo Meyer was die twee spelers wat die doele aangeteken het.
Daar is dan ook ‘n toer span wat gekies word om Ierland toe te toer waaronder die volgende seuns gekies is: Warren Joseph, Hugo Meyer, SJ van Vuuren, Franco Labuschagne, JP de Jager, Sifiso Matabesi, Thuto Picwe, DP Swiegers en JP Enslin.
Tydens die toer in George het DP Swiegers sy lyf lewensredder gehou en die lewensredder gaan help om mense uit die see te red.
FOTO: Hoërskool Kathu se 1ste span seuns Hokkie.
















