Covering Kathu, Kuruman and villages, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounds

Op Donderdag 21 Februarie 2019 het van Kathu T&S (Tweekamp & Swen) klub se Tweekamp atlete gaan deelneem aan die Griekwaland-Wes Kampioenskappe in Kimberley.

Na afloop van die byeenkoms is die Griekwaland Wes span wat die provinsie by die SA kampioenskappe gaan verteenwoordig aangekondig. ‘n Totaal van 17 atlete het gekwalifiseer vir die SA kampioenskappe wat plaasvind op 29 en 30 Maart 2019 in Port Elizabeth. 

Die volgende atlete het medaljes gewen: Mieke Theron 0/9 Trofee wenner, Liche-Marie Burger 0/11 silwer medalje, Divan Theron 0/13 silwer medalje, SP Griessel 0/17 silwer medalje, Sharike Rossouw 0/13 silwer medalje, Thys Rossouw Veterane brons medalje.

SP Griessel is ook as die Kaptein van die Griekwaland-Wes span gekies.

Baie geluk aan al hierdie atlete en sterkte vir die SA byeenkoms.

FOTO: ‘n Kollage van die Kathu T&S klub se Tweekamp atlete wat deelgeneem het aan die Griekwaland-Wes Kampioenskappe in Kimberley.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *