
Op Saterdag 13 April 2019 te Keimoes, terwyl dit nog lekker koel was, het die eerste been van die Optimum Duathlon se reeks van vier byeenkomste afgeskop.
Daar was verskeie afdelings, juniors, senior vrouens en mans individueel, span en bo 50.
In die span-afdeling het Sanmarie Visser en Johan Kruger met die louere weggestap met Kevin Toerien en oud-Veltie Ruan Koortzen wat tweede was. Jana Olivier het individueel deelgeneem en baie goed gevaar deur in ‘n goeie tyd klaar te maak.
Geluk Velties!
#VeltielandUpington #VeltiesDuathlon #VeltiesPresteerOrals
















