Covering Kathu, Kuruman and villages, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounds

Op Vrydag 12 April 2019 het Laerskool Kathu se krieket seuns in die JTG Krieket proewe gaan deelneem te Laerskool Seodin.

Die skole wat deelgeneem het by die proewe was Seodin, Curro, Postmasburg Laerskool, Danielskuil, Lime Acres, Wrenchville, Kuruman en Kuruman Eye Warriors Hub.

Die kompetisie was baie sterk. Die seuns is die beste in die streek en het goeie krieket opgelewer. Damian Smith is in die o/11 span opgeneem en Lwandle Maseko, Dihan Jansen Van Rensburg en Damian Mathys is opgeneem in die o/13 JTG krieket span. Mnr DP Spannenberg is ook verkies as Afrigter en keurder van die o/11 span.

Baie geluk aan die 4 spelers en onderwyser van Laerskool Kathu, hulle speel die 26ste April 2019 in Hopetown teen Pixley distrik. Die span wat daar verkies word, word verkies in die Inter-distrik span wat dan weer in Kimberley gaan deelneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *