
Sishen Gholf Klub se Club Champs is die naweek van 27 April 2019 gespeel.
Daar was omtrent 35 spelers wat die dag gespeel het. Die kompetisie was oor 36 gate gespeel en was ‘n stroke play kompetisie vir die A en B divisie. Die C divisie het IPS gespeel.
Die Club Champ vir 2019 was Lyle Pedro wat 74 houe die eerste 18 gate gespeel het en 70 houe die 2de 18, met ‘n totaal van 144 houe. Lyle is maar net 16 jaar oud en gaan nog groot hoogtes bereik in gholf. Tweede was Shosho Moikwatlhai met 153 houe.
A divisie uitslae: 1ste – Wouter de Klerk (143 nett houe), 2de – Lionel Pedro (148 nett houe).
B divisie uitslae: 1ste – Tommie Pearson (143 nett houe), 2de – Danny Leibrandt (151 nett houe).
C divisie uitslae: 1ste – Nico (sr.) van der Westhuizen (78 punte).
Nearest to pin (NTP): nr 4 – Allan Toy, nr 8 – Neels Kleyn, nr 13 – Joseph Kente, nr 17 – Wiets Swanepoel.
Longest drive: nr 6 – Allan Toy, nr 15 – Daan Fourie.
















