Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Op Saterdag 27 April 2019 het die Skietklub ‘n gongskiet gehou op Fred Cawood se plaas in die Gwarrie.

Daar was 35 inskrywings, vroue en kinders ingesluit om die dag aan te vat. Mense van buurdorpe het ons ook goed ondersteun. Kuruman en Upington het ook deelgeneem. Daar was 5 bane met 5 gonge elk. Elk met 1 kleiner gong om dit bietjie moeiliker te maak.

Gonge was tussen 180 en 350m gewees maar nie bekend vir skuts nie. Die meer geoefende skuts het dit nie te moeilik gevind nie maar tog het niemand al die gonge raak geskiet nie. Almal het die dag geniet en na die skiet het ons vir die prysuitdeling na die skietklub vertrek vir die punte verwerk en prys uitdeling.

Mans uitslae: 1 – Pieter vd Westhuizen, 2 – Gideon van Zyl, 3 – J Reinecke.

Dames uitslae: 1 – S. Osmers, 2 – A. Esterhuyzen, 3 – M. Janse van Rensburg.

Juniors uitslae: 1 – J. Bezuidenhoud, 2 – L. von Czapiewski, 3 – M. Jordaan.