
Hoërskool Daniëlskuil het op Vrydagaand 26 April 2019 hul matrikulante op swierige wyse vaarwel gegroet toe vanjaar se matriekafskeid by dié skool gehou is. Kreatiwiteit het hoogty gevier met alles van vellies tot motorfietse wat vir dié aand ingespan is!
Die skool en gemeenskap van Danielskuil wens hulle alle sterkte toe vir die eksamens en uiteindelik die volwasse lewe wat voorlê.
















