
Die ZF Mgcawu netbalspan het die afgelope naweek, 18 Mei 2019, aan die Twinning-Winterball Toernooi deelgeneem te Oranjemund.
Berna Kilian, Janice Avenant en Beryl Ndhlovu het deel uitgemaak van hierdie span waarvan Mev Esterhuizen die afrigter was.
Hierdie span het besonder goed gevaar en goud verwerf op die toernooi.
Baie geluk aan die ZFM Distrik met ‘n baie goeie prestasie.
















