 en Jowen Basson.jpg)
Twee van Rietfontein Gekombineerde Skool se belowende sokkerspelers, Stuart Bok en Jowen Basson is opgeneem in die ZF Mgcawu o/17 sokkerspan wat op 25 Mei 2019 aan die Winterspele te Kimberley gaan deelneem.
Hulle afrigter, Bernett de Klerk kan tevrede voel wat hy in hierdie seisoen met die spelers vermag het. Die afrigter en die skoolgemeenskap glo dat die spelers die distrik en skool se vlag hoog sal laat wapper by die spele.
















