Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Laerskool Kathu se o/11A rugby span wat beter bekend staan as die Kwaggas was die naweek in aksie op Ellis Park stadion in Johannesburg.

Dit was die eerste keer in 13 jaar dat daar ‘n kompeterende Laerskole rugby wedstryd op hierdie ongelooflike stadion plaasgevind het. Die Kwaggas het kragte gemeet teen een van Johannesburg se top Laerskole en het as oorwinnaars van die dag weggestap deur Laerskool Helderkruin met 12 punte teenoor 10 te klop. Die seuns het egter Laerskool Kathu se naam hoog gehou en het groot karakter die dag getoon.

Laerskool Kathu wil ook baie dankie sê aan al ons ouers wat die toer na Johannesburg saam met ons aangedurf het. Hulle het seker gemaak dat die kreet van die Kwaggas op Ellis Park weergalm. Ons wil graag vir Meneer Rudolf Straeuli (CEO van die Goue Leeus Rugby Unie) en Meneer Pieter Visser (Algemene Bestuurder van die Goue Leeus Rugby Unie) hartlik bedank vir hulle bydrae en positiewe gesindheid oor die dag. Hulle het groot moeite gedoen om so ‘n geleentheid vir ons seuns moontlik te maak en ons baie gasvry ontvang in Johannesburg.

Die Kwaggas sluit hulle seisoen af die eerskomende naweek wanneer hulle teen Laerskool Vryburg in die liga finale te staan kom.