
Pikkie Pret het op Vrydag 24 Mei 2019, hul jaarlikse Rugby en Netbal middag gehou by die Laerskool Kathu speelgronde.
Dit was ‘n prettige affêre en die Graad R-klasse het as spannetjies teen mekaar gekompeteer. Daar was ook heerlike pannekoek en jaffels te koop.
‘n Groot dankie-sê aan al die maats en ouers wat deel was van die dag.
Baie dankie ook aan Albert van der Merwe en Jakkie van Heerden dat jul die Pikkie Pret se seuns en dogters so mooi afgerig en gehelp het om die dag te geniet.
Dankie Oom Chris en Tannie Annemarie Lubbe vir die pannekoek en aan Denny’s Food and Catering vir die jaffels.
















