
Laerskool Kathu se Netbal het gesorg vir BAIE opwinding by die Van Druten Netbal Finale 2019 en eindig die netbal seisoen op ‘n hoë noot.
Al vier spanne wat vanjaar in die A liga deelgeneem het, het deurgedring na die finaal. Die o/12B netbalspan wat in die B liga deelgeneem het, het ook hul staal gaan wys by vanjaar se Van Druten Netbal Finale.
Die uitslae was as volg: A-Liga eindig in die eerste plek – o/10A en o/11A, en in die tweede plek – o/12A en o/13A.
B-Liga eindig in die tweede plek – o/12B.
Die o/13A Rissies het Saterdag aan die Van Druten Netbalfinaal deelgeneem te Kuruman teen Seodin. Die meisies het ongelooflike netbal gespeel en die seisoen afgesluit deur ‘n silwer medalje te verower met 15 – 14 vir Seodin. Die Rissies dring ook deur na die Skole uitspele in Upington waar al die top skole van ons provinsie teen mekaar gaan uitspeel.
Baie geluk aan elke speler en afrigter. Baie dankie aan die Laerskool Kathu se lojale ondersteuners, sonder julle was dit alles nie moontlik nie.
FOTO: Die o/10A netbal Bokkies wen die Van Druten o/10 Liga Finale teen Seodin. Vlnr: Atlegang, Ashlyn, Faith, Caylen, Oratilwe, Osego, Moné Steyn (Afrigter).
FOTO: Laerskool Kathu o/11A netbal wen van Druten liga teen Vryburg 8 – 7. Die spelers: Nicine Visagie, Kelly-Joe Willemse, Che-lynne Jacobs, Maureen Smith, Alexis Thompson, Danichia Mok-Otto, Megan Lombard, C Smit (Afrigter).
FOTO: Laerskool Kathu o/12B netbal meisies die ‘Lava Queens’ het tweede geëindig in Finaal teen Danielskuil se A span. Vlnr: (V) Alienne van Rensburg, (D) Riané Gray, (HV reserwe) Kgatontle Mochwaedi, (HV) Jacoline Becker, (HD) Omolemo Kokoane, (VV) Kutlo Lecwidi, (S) Joslin Thompson, (AV) Thandeka Phuti, Eloïse Hibbert (Afrigter).
FOTO: Die o/12 Dinamites het ‘n silwer medalje in hul wedstryd teen Seodin gekry. Vlnr: Marinell Maritz, Caitlyn Nofomele, Linecia Jooste, Thokozile Ndlovu, Kaila van der Walt, Shani Steenkamp, Danell du Toit en Vicky April.
FOTO: Die o/13A Rissies. Van links: Tshebo Maleke, Thlogi Molomo, Taryn Plaatjies, Elouise Badenhorst (Afrigter), Jenüel Davids, Tlotla Seretse, Lize-Mariè van den Berg, Kedifentse Serati. Voor: Zanli Kraucamp.
















