
Leerders van Curro Kathu gaan verteenwoordig hulle skool by die 2019 Nasionale byeenkomste.
Die Kathu Gazette het ‘n onderhoud met hierdie leerders gevoer om so bietjie meer van hulself vir die gemeenskap te vertel.
Redenaars:
Joané Strydom, (V) Wat is jou grootste vrees gedurende jou Redenaars toespraak? (A) Wanneer jy voor baie mense staan om jou Redenaars stuk voor te dra, vloei daar baie adrenalien deur jou asook angs. Met hierdie ‘cocktail’ ontstaan die vrees en moontlikheid dat jy jou woorde kan vergeet of hakkel.
Zandri Malan, (V) Waarom is Redenaars jou gekose program om aan deel te neem? (A) Redenaars gee ons as kinders ‘n stem om ernstig opgeneem te word. Jy is vry om jou opinie en feite aan die lig te bring, asook dat jy voorberei en oefening kry om eendag in die grootmens wêreld voor ‘n groot groep mense te kan opstaan en praat.
Netbal:
Jessica da Silva, (V) What has been your worst moment on the netball court? (A) The worst moment on court for me was in Lambertsbaai 2016 where I had to play with a broken foot. It was very sore and I worsened my injury.
Alicia Peacock, (V) What is the best advice you have ever been given and by who? (A) To be calm and patient on the court, given by my coach -Veleska.
Tennis:
Kalinke Botma, (V) Waar het jou liefde vir tennis ontstaan? (A) Ek het letterlik langs die tennisbaan groot geword, my ma-hulle speel tennis en ek het van die ouderdom van 3 jaar af tennis begin speel. Vandat ek die eerste dag ‘n tennisraket vasgehou het, het ek geweet … Dit is my sport dié!
Hokkie:
Ellene Stonestreet, (V) Watter spesiale tegniek, wat jy aan jouself kan toeëien, in hokkie gebruik jy gereeld om ‘n hokkie doel aan te teken? (A) My posisie is ‘centre forward’, en wanneer ek by die ‘goalie’ boks kom om ‘n doel aan te teken, maak ek seker om haar na die een kant toe te lok en slaan die bal na die ander kant toe waar die boks nie ge’cover’ is nie.
Kaylee Stonestreet, (V) Wat is die beste advies oor hokkie wat jy al ontvang het? (A) Jy moet nie bang wees vir die bal nie, as speler moet jy beheer neem oor die bal en nie vries nie. My advies is dat jy jou volgende stappe moet beplan, wanneer jy die bal het en die plan uitvoer met selfvertroue.
Gholf:
Lyle Pedro, (V) Watter ander sport speel jy? (A) Ek speel ook krieket vir die skool, tot en met graad 7 het ek ook rugby, tennis en sokker gespeel. Ek moes ‘n besluit neem om af te skaal sodat ek meer aandag aan gholf kan gee sodat ek die tegnieke kan bemeester. Ek het besluit om met krieket aan te gaan sodat ek ook kan deel wees van ‘n span gedurende my skoolloopbaan.
Vir Rugby is Ruan Wolstenholm gekies vir die 2019 Nasionale byeenkoms.
















