Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Hierdie jaar se o/19 Sishen Junior Gholf Ope toernooi in Kathu was weer een vir die boeke.

Hoërskool Kathu loop weg dominerend in die o/19 afdeling met 1ste en 2de plek asook ‘n speler in die Junior IPT span.

Gerhard du Preez wat eerste plek verower het met sy afstand van die bof en kortspel het uitmuntende golf gespeel reg deur die jaar en sodoende vir hom ‘n plek verdien in die IPT Noord-Kaap span. Hoërskool Kathu sal vanaf 9 tot 13 Desember 2019 gaan speel teen die hele Suid-Afrika se provinsiale spanne te Oubaai. Tiaan Meyer het 2de plek verower, maar ongelukkig geen IPT span nie.

Dit bewys net weer dat Hoërskool Kathu hulle leuse wat sê “ontgin en veredel” uitleef. Daar sal beslis meer van Hoërskool Kathu se leerders gesien word in die toekoms, in die NK Junior toernooie sowel as die 2 jong manne in die stryd vir Van Druten span en NKP span.