Op 17 Augustus 2019 het leerders van Hotazel Kollege aan die Griekwaland-Wes Landloop Kampioenskappe in Postmasburg deelgeneem.
Jaden Josea het deelgeneem aan die 4km vir seuns o/15 en Le-Zandré Fortuin aan die 6 km vir seuns o/16. Hy het derde gekom in die Noord-Kaap. Albei die leerders is gekies vir die GW span wat op 7 September 2019 aan die SA’s in Centurion gaan deelneem.
FOTO: Le-Zandre Fortuin en Jaden Josea.
















