Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Die KCS span en leerders was opgewonde om mekaar weer te sien en om al die nuwe leerders te ontmoet.

 

Die graad 1’e is spesiaal verwelkom. Juffrou KrisMari het die jaar op ‘n gepaste wyse begin met ‘n treffende boodskap. Sy het vir die leerders vertel hoe belangrik tyd is en hoe om dit doeltreffend te gebruik. Hulle moet weet dat God deur Sy genade vir elke dag en minuut vir alles

voorsien wat ons nodig mag hê. Sy het die leerders aangemoedig om die beste weergawe van hulleself te wees.

 

Die skool kan met trots spog dat hulle nou ‘n geregistreerde privaatskool is. KTS verander amptelik na KCS (Kathu Combined School).

 

Baie dankie aan elke ouer vir julle ondersteuning. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie. Ons sien uit na die volgende uitdagings wat die jaar sal inhou.