Die volgende onderwysers sal vanjaar hul brood by die Rietfontein Gekombineerde Skool verdien: Mnr DJ Mouton sal verantwoordelik wees vir Wiskunde vir graad 7, Afrikaans huistaal en Toerisme vir graad 10.
Mnr A Esau is verantwoordelik vir Afrikaans huistaal vir grade 7 en 8 en Ekonomiese Bestuurswetenskappe vir grade 7, 8 en 9. Mnr MC Steenkamp is verantwoordelik vir Geskiedenis vir grade 10, 11 en 12, Tegnologie vir graad 9b en Sosiale Wetenskappe vir graad 8a & b.
FOTO: Vlnr: Mnre DJ Mouton, A Esau en MC Steenkamp.
















