Op 1 Februarie 2020 het Hoërskool Kathu teen Kathu II gespeel in die Klub liga.
Kathu II kolf eerste en teken 202/9 aan in 50 beurte. Darren Coetzee met 3/27 was die beste bouler.
Hoërskool Kathu kolf en teken 205/7 aan in 40 beurte met Stephan de Klerk 85 en Boeta van Zyl 32, die beste kolwers. Hoërskool Kathu wen met 3 paaltjies.
Op 5 Februarie 2020 speel Hoërskool Kathu teen Kalahari Eye Warriors. KEW kolf eerste en teken 87/8 aan in 30 beurte.
DP Swiegers 4/12 en Warren Joesph 2/12 as die beste boulers.
Hoërskool Kathu teken 89/3 aan met Sybrand Brink 24 nie uit en Marno Coetzee 16 nie uit, die beste kolwers.
Hoërskool Kathu wen met 7 paaltjies.
Op 6 Februarie 2020 speel Hoërskool Kathu teen Curro.
Hoërskool Kathu kolf eerste en teken 268/2 aan in 30 beurte met Sybrand Brink 88 nie uit en Darren Coetzee 32 nie uit, die beste kolwers.
Curro teken 79 aan met Warren Joesph 2/18 en Darren Coetzee 3/6 die beste boulers. Hoërskool Kathu wen met 189 lopies.
















