Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Borg van Balle

Hoërskool Kathu is bevoorreg dat Buco Kathu, net soos in hul winkel, aandag gegee het aan die fyn detail en balle met Buco se logo vir die skool se rugbyspanne geborg het.

Die balle gaan in al die skool se tuiswedstryde gebruik word. Buco is ook al vir 7 jaar ‘n trotse borg van Hoërskool Kathu en van Bucopark wat die tuisveld is van Hoërskool Kathu se sportspanne.

Hoërskool Kathu wil graag vir Buco bedank en glo die vennootskap sal nog net sterker word.

 

FOTO: Vlnr: Stefan Brits, Mnr Rudi Rodgers (Bestuurder Buco), Xavier Magerman, Mnr Gerhard Marais, Nathan Doncaster, Gean Meyer end Esjee de Lange.