Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Uppies speel goeie netbal op 1ste sportdag

 Uppies-netbal het hulle seisoen begin met wedstryde op Vrydag 28 Februarie en Saterdag 29 Februarie teen spanne soos Kalahari, Keimoes en Springbok.

 Uppies-netbal se 1ste span het ook twee wedstryde teen onderskeidelik Kuruman en Upington dorp se spanne gespeel waar hulle albei wedstryde gewen het. Baie dankie aan hierdie twee spanne vir julle bereidwilligheid en opoffering. Dit word opreg waardeer.

 Die uitslae van die naweek was as volg: HU 14B vs Nam 14 verloor 2-28, HU 14B vs Kal 14B wen 11-4, HU 15B vs Nam 14 verloor 8-25, HU 15B vs Kal 15B wen 15-3, HU 15B vs Keimoes 15 wen 14-9, HU 17B vs Keimoes 16 wen 11-2, HU 17B vs Kal 19C verloor 4-7, HU 19B vs Kal 19B verloor 3-21, HU 14A vs Nam 15 wen 6-4, HU 14A vs Kal 14A gelyk op 11 elk, HU 19B VS Nam 17 verloor 6-15, HU 15A vs Keimoes 16 wen 23-2, HU 15A vs Kal 15A verloor 8-18, HU 17A vs Kal 19B wen 35-7, HU 17A vs Kal 19A wen 31-15 en HU 19A vs Kal 19A wen 41-8.

 Baie dankie aan al ons leerders, ouers, ondersteuners en borge. 

 Uppies-netbal sien uit na 2020.