Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Uppies hokkie by Diamantveld sportdag

Op 6 tot 7 Maart 2020 het Uppies hokkie by die Diamantveld Sportdag teen verskeie spanne deelgeneem.

Al die wedstryde is in goeie gees gespeel en al ons hokkiespanne het dit ten volle geniet. Uppies se hokkiespanne het baie goed presteer en hier volg die uitslae: Seuns: Uppies o/18A wen HTS Kimberley o/18A: 5-1, Uppies o/18A wen Boys High o/18A: 1-0 en Uppies o/18B verloor teen Diamantveld o/16A: 0-2. Dogters: Uppies o/18A wen Girls High o/18A: 4-0, Uppies o/18A gelykop teen Diamantveld o/18A: 0-0, Uppies o/18B wen Jim Fouche o/18C: 4-0, Uppies o/16A verloor teen Diamantveld o/16A: 0-2, Uppies o/16A verloor teen Klerksdorp o/15A: 0-2, Uppies o/14A wen Diamantveld o/14A: 1-0 en Uppies o/14A wen Klerksdorp o/14B: 3-0.

Baie dankie aan Hoërskool Diamantveld vir al die reëlings. Dit was puik!