
Mevrou Noord-Kaap
Marizanne Coetzee, eienaar van MC Models Kathu is op 17 Oktober 2020 aangewys as Mev Noord-Kaap 2021 Mzantzi Africa.
Sy is 31 jaar oud en getroud met 2 dogtertjies. Mev Noord-Kaap 2021 Mzantzi Africa kompetisie is een van 30 kompetisies wat landswyd gehou word. Aangebied deur die RoleModels Fondations, onder leiding van Juanita Smit. Behalwe dat Juanita Smit nationale modelwerk kompetisies aanbied, doen sy ook internasionale kompetisies.
In elke provinsie word ‘n kompetisie gehou, waarop dié groot kompetisie, Mrs African United Continental volg. Marizanne het ook die volgende toekennigs tydens die kompetisie verwerf: Debutant achievement, Philanthropist achievement en Best interview.
Per Marizanne se onderhoud met die Kathu Gazette as Mev Noord-Kaap sê sy die volgende: “Dis ‘n groot voorreg om hierdie titel te dra en ek beoog om ‘n paar projekte in 2021 aan te pak.
FOTO: Mev Noord-Kaap, Marizanne Coetzee. Haar rok was geborg deur Splendor Kathu.
NOORD-KAAP GROEPFOTO: Agter vlnr: Anria Oberholzer – Jnr Teen Miss Northern Cape 2021, Rethabile Masilo – Mr Northern Cape 2021, Bruce Veldman – Sir Northern Cape 2020, Casner Klein – Teen Mr Northern Cape 2021, Cleantha Koetzee – Miss Pre-Teen Northern Cape 2021, Juanita Smit – Director of the pageant. Middel vlnr: Rensche Nel – Miss Northern Cape 2021, Marizanne Coetzee (Kathu) – Mrs Northern Cape 2021, Jeaneigh Borghesi – Little Miss Northern Cape 2021, Cherise Jansen van Rensburg – Teen Miss Northern Cape 2021. Voor vlnr: Leonay Loots Cute – Missy Northern Cape 2021, Luca Borghesi – Cute Mr Northern Cape 2021 winner, Enricco Borghesi – Tiny Mr Northern Cape winner.
KATHU GROEPFOTO: Agter vlnr: Esmé Rautenbach, Marizanne Coetzee, Annika Greyvenstein en Anja Greyvenstein. Voor vlnr: Mia-né Coetzee en Lienke Coetzee.
















