Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Eerste “Scrapbook Retreat” vir Kuruman-dames

 

Nege scrapbook-entoesiaste van Kuruman het gedurende die naweek van 23 tot 25 Oktober 2020 hul eerste “Scrapbook Retreat” op dié dorp, onder leiding van Anet Swart (Burlap & Butterflies Scrapbooking) gehou.

Saterdag het elke dame ‘n kombuisvoorskoot gedra en ‘n gereg gebring waarvan almal kon eet, sowel as die resep vir die gereg. Daar is toe ‘n foto van elke dame met haar gereg geneem en die dames het elkeen ‘n resepteboek gemaak met die resepte en foto’s.

Ander projekte vir die naweek sluit in: ‘n Skinkbord, ‘n mini-album met ‘n houtkassie vir die mini-album om in te pas, ‘n “explosion box” en drie dubbelblad uitlegte.

Vir die meerderheid van die dames was dié “Retreat” nie net ‘n eerste vir Kuruman nie, maar ook die eerste “Scrapbook Retreat” wat hul nog ooit bygewoon het!

Dit was ‘n reusesukses en Anet Swart beplan alreeds aan die volgende een. Belangstellendes kan haar kontak by 064 967 2545.

 

 

FOTO: Vlnr: Kay Strydom, Ilzé Honiball, Azell Swanepoel, Anet Swart (organiseerder), Ita Honiball, Ivy Lourens, Hettie du Plessis-Krüger, Lee-Ann Lamprecht en Marinda Stander.