
Dorpsake om van kennis te neem
MImi Swart
Omdat belangrike aankondigings en dag-tot-dag aangeleenthede onder dié afdeling aangeraak word, is dit van belang dat u moeite doen om dié nuusblad in die hande te kry en veral om dit te lees.
Op groepe word dit ook aangeraak. Dikwels word aangeleenthede wat hier bespreek word, weer oor navraag gedoen, wat daarop dui dat daar nie kennis van geneem is nie of dat dit nie gelees is nie. Behalwe die 25 afleweringspunte in en om die dorp, is daar altyd koerante by my huis, langs my posbus, beskikbaar.
Tendens van bouery op erwe sonder toestemming
Heelwat navrae spruit voort uit erwe wat skielik op gebou of toegekamp word. Omdat inwoners onrustig oor die tendens is, is navraag gedoen omdat hulle self sukkel om ‘n perseel te koop of te bekom. By ondersoek is bevind dat die grootste persentasie persele ter sprake, nie gekoop is nie. Dit is dus nie wettig en die verlangde regulasies – wat ‘n vereiste is – al is dit gekoop, móét nagekom word voordat enige beweging op die perseel mag plaasvind.
Dit is nie net standaardregulasies in enige munisipaliteit nie, maar is ook daar om te verhoed dat die huidige groot infrastruktuurprobleme wat ondervind word, uitgeskakel kan word. Soos met riole wat verstop, waterdruk wat swak is en pype wat bars, straatligte wat nie hou as gloeilampe vervang word, krag gedurig probleme gee en straatttoestande ellendig is, is dit alles komponente van infrastruktuur wat in ag geneem moet word en inspeksies wat gedoen moet word voordat daar gebou mag word. Om van ‘n gewone residensiële erf na woonstelle of gastehuise te wil verander, het sy eie pad van hersonering ensovoorts om te volg voordat enige sodanige veranderinge kan plaasvind, ás die omgewing dit toelaat vir uitbreiding.
Bouinspekteur
Voorheen is die inspeksies en regulasies deur die administrasie so goed moontlik hanteer. Vanaf einde verlede jaar kon die Tsantsabane munisipaliteit die broodnodige vakature van bouinspekteur – wat in ‘n snelontwikkelende dorp ‘n essensiële pos is, aanstel. Mnr Tumisang Sebolao (sien foto) is aangestel. Hy is aangestel om reg te laat geskied aan dorpsregulasies om dit vir almal ‘n aanvaarbare en gerieflike dorpsopset te maak soos dit moet wees. Aansoeke en inspeksies, in samewerking met die Direkteur Tegnies, sal streng gehandhaaf word.
Verskeie kwellings
Kwellings wat reeds voorheen bespreek, is weereens ontvang van die nie-lesers van hierdie nuusblad. Die verduidelikings gaan nou herhaal word, maar voortaan sal daar net na die betrokke uitgawe waar in die verduidelikings verskyn het, na verwys word. Die Munispale Bestuurder (na wie die navraag deur die raadslid verwys is) se direkte antwoord word verstrek, in kort :
Defekte teerstrate
Die kontrakteur is nog besig met herstelwerk.
Spoedwalle
Daar was konsultasie tussen die Departement van Paaie en die Tsantsabane se verkeersafdeling oor die veiligheidsaspekte tydens oprigting.
Vullisverwydering oor naweke en oortyd
Slegs een van die twee vullisverwyderingstrokke is in werking. Daarom noodsaak die omstandighede dit dat die groot besighede met groot volumes vullis, soms oor naweke verwyder móét word.
Munisipale voertuie oor naweke in gebruik
Neem ‘n foto, verskaf die tyd en datum en handig by die Munisipale Bestuurder in. Volg self op.
Antwoorde van die Munisipale Bestuurder
Streets
“The contractor has been put on terms to correct all the quality problems that we have identified and communicated with him. He is still on site. Indeed, the problems are genuine and are an inconvenience to the users. We regret and are not ignoring it. The full contract terms will be enforced in this regard.”
Speedhumps
“Regarding this, there was consultation with the provincial Department of Roads and Tsantsabane municipality’s traffic on the erection of speedhumps. The project is a safety enhancement initiative, because of the concerns received from public on the safety risk and recent accidents experienced.”
Dirtiness of town
“Poor performance, overtime and poor control of municipal sources. We acknowledge the complaint and acknowledge that there is an element of negligence in work performance and abuse of resources, due to weakness on internal control. We commit to attend these matters. The Directors Technical and Community Services are copied in this response.”
Elektriese afdeling
Mnr Robert Matsapola, die hoof van hierdie afdeling, wat nog nie lank in dié pos is nie, probeer sy bes om reg te laat geskied in ‘n omgewing waar die infrastruktuur baie broos is. Die algemene ondervinding is ook dat hy en sy span vinnig optree en goed kommunikeer. (sien foto)
Weermag individue maak watertrokke by brandkrane vol
Die Raadslid het verskeie klagtes ontvang van Weermagtrokke wat by Brandkrane in die dorp saans, maar ook bedags, hul trokke met ons duur water vul. Oplettende inwoners het dit gerapporteer en daar is dadelik werk van gemaak. Die weermag sal voortaan met die Tegniese Afdeling moet reël vir sulke hervullings en daarvoor betaal.
















