Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

’20 Hoërskool Kathu Matriekafskeid

Cayronees Ndlovu, ‘n matriek leerder van Hoërskool Kathu, het aan die Kathu Gazette geskryf met die volgende bedankings:

“Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om elkeen te bedank wie ons gehelp het om ons matriekafskeid op 30 Oktober 2020 by Siyathemba gemeenskap saal moontlik te gemaak het. Elke bydrae was opreg waardeer. Dit wat julle vir ons gedoen het, gaan regtig nie ongesiends verby nie. 

Baie dankie vir die finansiële ondersteuning. Dit het regtig bygedra tot ‘n funksie wat ‘n reuse sukses was: Quinton von Broen, Ricardo Morongwe, M Thapelo, Hilton en Celeste Duimpies van CHM Electrical and Construction en Happy Olyn van My Idea.

‘n Duisend dankies vir die geskenke wat julle aan elke matriek geskenk het: CRC Kathu.

Ons sê vir jou baie dankie dat jy tyd afgeneem het om elkeen van ons se oomblikke te “capture”, en dat jy deel uitmaak van die goeie oomblikke: Ajee Photography.

Baie dankie vir die heerlike kos en die asemrowende decor: Elsabé Ferris van ECF events.

Ons moes by Covid-19 maatreëls hou, so ons was net 60. Ons het almal akkommodeer wat dit op so kort kennisgewing kon bywoon

Ons het net 3 weke gehad om voor te berei vir alles.”