Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Simpatie teenoor Covid-19 en gesinsgeweld slagoffers

Onderwysers en Nie-Opvoeders verbonde aan Frank Biggs Intermediêre Skool het die oproep van ons President Cyril Ramaphosa gehoorsaam deur swart aan te trek om simpatie te toon vir slagoffers van Covid-19 asook gesinsgeweld.

Hierdie veldtog het afgeskop op Woensdag, 25 November 2020 en duur tot 29 November 2020, wat ook deel vorm van die 16 dae aktivisme van geen geweld teen vroue en kinders.

“Hierdie pandemie het ons hard getref en het self by ons skool gedraai met infeksies, maar ons is deur genade gespaar van enige sterftes. Kom ons dra nog steeds ons maskers, handhaaf ‘n veilige afstand en was jou hande deeglik”, aldus Mnr Wally Cloete (Prinsipaal van Frank Biggs Intermediêre Skool).

 

FOTO: Leerkragte en Nie-Opvoeders van Frank Biggs I/S. Agter vlnr: Mev Jennifer Brandt, Mnr Ricardo AF Van Wyk, Mej Kevonia Olyn, Mnr Tebogo Nodoba, Mej Leandra van der Westhuizen, Mej Beronette April, Mev Elvida R Cloete, Mev Winolene Marckus, Mev Nathasa Bock, Mej Jennifer Steenkamp, Mnr Lesley Dowie, Mev Roshe Charles en Mej Jennifer Basson. Voor vlnr: Mnr Wally Cloete (Prinsipaal – Frank Biggs Intermediêre Skool), Mej Yolinde Jacobs, Mej Michelle Louw en Mej Maria Basson.