Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Dié Groen Kathu Projek

Groen Kathu is verlede jaar deur ‘n handjie vol vrouens van die gemeenskap gestig.

Hierdie projek is amptelik weer volstoom vanaf Maandag, 18 Januarie 2021 aan die gang die dames het baie idees om Kathu weer spoggerig in te kleur.

Volgens een van die bestuurslede is hulle hoofdoel om, in samewerking met die munisipaliteit, ons dorp in ‘n netjiese en skoner Kathu te omskep.

Een van hul projekte wat hul wil in 2021 implementeer is meer sigbare asdromme in ons dorp. In samewerking met Rooidrom, die ou Hendrum, gaan hul vir die dorp spesifieke asdromme groen verf met ‘n “Groen Kathu” plakker op om aan te dui dat dit ‘n Groen Kathu asdrom is.

Rooidrom het die eerste 4 asdromme geborg wat dan in Frikkie Meyer straat vanaf Shoprite tot by Hoërskool Kathu geplaas sal word. Hierdie asdromme word dan weekliks skoongemaak.

Hul bedank Going Bananas haarsalon wat reeds ‘n asdrom vir 2021 geborg het. Enige addisionele donasies wat ontvang word, word aangewend om mense te kry om papiere op te tel en middelmannetjies mooi te maak met vetplante en klippe te versier. Die ingang by Boekenhoutstraat word eerste aangepak.

Groen Kathu is tans op soek na ‘n borg vir onkruid net om onder die klippe te pak en sodoende langtermynwerk t.o.v. onkruid te verminder.

Enige persoon of besigheid wat graag ‘n bydrae wil maak kan hul kontak by groenkathu@gmail.com

Hul het ‘n whatsapp groep waarop inligting uitgestuur sal word. Sluit aan by die Whatsapp Link: https://chat.whatsapp.com/D4QSgdYnhck2xzbIZdK1oG

Finansiële bydraes kan gemaak word aan Groen Kathu, Capitec, Rekeningnommer – 1743656155

Enige ander hulp, arbeid of toerusting sal baie waardeer word.”