Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Hoërskool Kathu Prysuitdeling 2020

Te midde van ‘n ontwrigte skooljaar het die leerders van Hoërskool Kathu op kulturele-, sport- en akademiese gebied puik prestasies behaal.

Die volgende leerders is tydens ‘n prysuitdeling vir toppresteerders op 10 Desember 2020 vereer.

Kultuur: Hoërskool Kathu se spreekkoor het in Maart 2020 aan die Nasionale Eisteddfod se semi-finale rondte in die Roodepoort Teater deelgeneem. Met hierdie optrede het die spreekkoor deurgedring na die finale rondte wat tydens 2021 sal plaasvind. Die lede van die spreekkoor het almal halfkleure vir kultuur ontvang.

Sport: Leerders het toekennings ontvang vir atletiek, krieket en tennis. Alle kontantpryse vir sport is geborg deur Remax en Glasfit.

Atletiek: Junior Victrix Ludorm – Elizma Erasmus Senior Victrix Ludorm – Britney Mouton. Junior Victor Ludorm – Karabo Steenkamp Senior Victor Ludorm – Katlego Makgari.

Krieket: Darren Coetzee en Marno Coetzee ontvang volkleure vir krieket.

Tennis: Zander Boshoff, Cobus Solomon en JC van Niekerk ontvang volkleure vir tennis.

Akademie: Alle akademiese kontantpryse is geborg deur IEMAS. Die Top 15 Akademiese presteerders vir 2020 is as volg; Graad 12: Eerste Graadposisie, John-Rico Markram, halfkleure Akademie. Allison van Wyk, halfkleure Akademie. Tweede graadposisie, Phillip Wheeler. Derde graadposisie, Hlengiwe Nogoxo.        

Graad 11: Eerste graadposisie, Jana Gouws, volkleure Akademie. Tweede graadposisie, Matthew Holm, volkleure Akademie. Derde graadposisie, Jacobus Solomon, volkleure Akademie.

Graad 10: Eerste graadposisie, Dihanda Roux, volkleure Akademie. Tweede graadposisie, Alice van Niekerk, volkleure Akademie. Derde graadposisie, Divan Steyn, volkleure Akademie.

Graad 9: Eerste graadposisie, Lara Human. Tweede graadposisie, Izelle Nel. Derde graadposisie, Nusrat Jeewa.

Graad 8: Eerste graadposisie, Josua Pretorius. Tweede graadposisie, Elmé Roets. Derde graadposisie, Bernice van Eeden.

Dux-leerder 2020: Hierdie prestige toekenning is in 2020 toegeken aan; John-Rico Markram en Allison van Wyk.

 

FOTO: ‘n Kollage van Hoërskool Kathu se 2020 Prysuitdeling.