Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Groen Kathu se eerste projek

Groen Kathu is amper klaar met hulle eerste projek, die twee middelmannetjies by Boekenhoutstraat se ingang.

Die projek se sosiale media bestuurder het die besluit gemaak om swart plastiek onder die klippe te plaas sodat die onkruid in stand gehoud kan word op die lang termyn. Hulle gebruik tans die blou Agaveplante tussen die kalkklippe aangesien dit baie gehard is en goed aanpas in hierdie area.

Bedanking en inligting van Groen Kathu se bestuur vir die gemeenskap van Kathu: “Dankie vir almal wat klippe aangery het en geld geskenk het vir plastiek en arbeid. Sodra al die klippe klaar gepak is, beweeg ons op met die middelmannetjie na Hoërskool Kathu se kant toe. As iemand weet van ‘n borg vir plastiek sal dit baie waardeer word. Ons Groen Kathu-asdromme word hopelik vanaf volgende week geplaas.”

Vir bydrae of skenkings, kontak gerus die bestuur by groenkathu@gmail.com

Hul het ‘n Whatsapp-groep waarop inligting uitgestuur sal word. Sluit aan by die Whatsapp link https://chat.whatsapp.com/D4QSgdYnhck2xzbIZdK1oG

Finansiële bydraes kan gemaak word aan Groen Kathu, Capitec, rekeningnommer 1743656155

Enige ander hulp, arbeid of toerusting sal baie waardeer word.

 

FOTO: Die eerste projek van Groen Kathu, die twee middelmannetjies by Boekenhoutstraat se ingang.