Tennisspelers skitter tydens TSA Noord-Wes mini toernooi
Curro Kathu se tennisspelers, Janika Nel en Alani Nel, het op Saterdag 23 Januarie 2021, aan die TSA Noord-Wes mini-toernooi in Potchefstroom deelgeneem.
Janika het die onder-12-meisiestoernooi gewen met ‘n finale telling van 6-1, 6-0. Alani het deurgedring na die semi-finaal.
Baie geluk, Curro Kathu is baie trots op julle.
FOTO1: Janika Nel.
FOTO2: Vlnr: Janika Nel en Alani Nel.















