Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

VLV Kathu brand kerse vir Covid-19

Op 9 Februarie 2021 was ‘n beplanningsvergadering van VLV Kathu gehou.

Die dames van VLV Kathu het die vergadering begin deur twee kerse te brand te ere van al die mense wat aan Covid-19 gesterf het asook selfs nog siek is. Hulle het twee groen strikke aan die kerse gebind ter herinnering aan al die plaasmoorde. Hulle dink ook aan dele van Suid-Afrika wat steeds onder baie droogte gebyk gaan, terwyl dit heerlik gereën het in die Noord-Kaap omgewing.

Daar word ‘n interessante 2021 beplan deur die VLV-dames van Kathu byvoorbeeld: verskeie kook-, bak-, naaldwerk- en selfs blommeprojekte.

Indien enigiemand belangstel om deel te word van die VLV Kathu, kontak gerus vir Annemarie de Klerk vir meer inligting by 083 650 3261.

 

FOTO: Tydens VLV Kathu se vergadering wat op 9 Februarie 2021 plaasgevind het.