
Ambagsmanne bou spangees
Record Engineering Pty Ltd is ‘n maatskappy wat gefokus is op die ontwikkeling van werknemers en hulle vaardighede.
Op 21 November 2020 het Record Engineering ‘n pretdag gehou waar hierdie vaardighede getoets is. Die doel van hierdie pretdag was om op ʼn gesonde wyse in maatskappyverband gees te bou. Dit was ook ʼn geleentheid vir ons ambagsmanne om hulle vaardighede ten toon te stel.
Dit was ‘n dag vol pret en vriendelike kompetisie toe Record Engineering se ambagsmanne gekompeteer het vir die ambagsman met die beste vaardighede in sy veld. Die afdelings was onder andere “millwright, fitter, fitter and turner, boilermaker en semi-skilled”. Die wenners van die onderskeie afdelings sal by Record Engineering se jaareindfuksie wat die opkomende naweek plaasvind aangekondig word. Die dag is ook verder gevul met ‘n kosstalletjie, pannekoek op die reënerige Saterdag, Record Engineering se dames wat op Jerusalema dans en ‘n maatskappy wat saamgekom het om spangees te vier.
Ambagsmanne speel ‘n groot rol in ons gemeenskap en dit is vir Record Engineering ‘n voorreg om hierdie vaardighede te vier, te ontwikkel en hoog op prys te stel.
FOTO: ‘n Kollage Record Engineering Pty Ltd se 2020 Pretdag, foto’s geneem deur Dylan Trott.
















