
Terwyl meeste leerders heerlik gerus her tydens die Julie skoolvakansie het die meisies van To The Pointe Ballet Akademie onder leiding van Lizanie Wall baie hard geoefen, om deel te neem aan Dans in jou Taal.
Dans in jou taal is die eerste televisie dans kompetisie vir dans skole reg oor Suid Afrika. Die kompetisie is oop vir alle dans style.
Die meisies van To The Pointe Ballet Akademie was episode kampioene tydens die Noord-Kaap/Vrystaat uitdunne wat in Bloemfontein plaas gevind het Saterdag 21 Julie. Hulle kwalifiseer om in die finaal in Gauteng te kompeteer om n kans te staan om die groot kontant prys te wen asook om in n musiekvideo te dans.
Foto’s: Die verskeie groepe ballerinas van To The Pointe Ballet Akademie wat deelgeneem het aan die kompetisie, Dans in jou Taal.
















