
Boomplantdag by Rietfontein gekombineerde skool
Die skool het ook meegemaak aan die jaarlikse boomplant week deur sy terrein te verfraai.
Die werkers en graad 11A Geografie leerders was gemoeid met die boomplanting onder die wakende oog van die Geografie onderwyser, mnr M Kocks. Die skool en beheerraad wil mnr Vutha van die staatskwekery te Upington bedank vir die skenking en aflewering van die bome.
Mnr Kocks en die werkers neem verantwoordelikheid vir die versorging van die bome.
FOTO1: Die bome is geplant.
FOTO2: Morné Matthys plant die boom vir graad 11A Geografie klas, sy maats kyk toe.
FOTO3: Die werkers sit hand by, by boomplantdag.
FOTO4: Die werkers plant hulle boom.
















