Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Black Rock, Daniëlskuil, Lime Acres, Postmasburg, Olifantshoek and surrounding villages.

Brute vandalisme by Boichoko reservoir

Die aanmelding van die beskadiging van die waterpomp by die Boichoko reservoir, nadat die staaldeur oor die naweek hardhandig oopgebreek is, spreek eenvoudig van kortsigtige vandalisme.

Die finansiële posisie van die plaaslike munisipaliteit in ag genome, waar sente omgedraai word om net aan die noodsaaklikste verpligtinge en dienste te voorsien, is sulke gedrag onverskoonbaar. Sulke misdaad voorkom dienslewering en bring groot ongerief mee omdat daar gedurende die herstelwerk swak watertoevoer na verskeie dele van dié gebied en die dorp is.

Die publiek se samewerking om dié vandalistiese tipe  misdaad aan die kaak te stel, word gevra in die SAPD ondersoek wat aan die gang is.